Die allerbeste Suid-Afrikaanse avontuur: Breek weg na Magoebaskloof in jou Toyota 4X4

Die allerbeste Suid-Afrikaanse avontuur: Breek weg na Magoebaskloof in jou Toyota 4X4
Na afloop van ons ongelooflike PIN it to WIN it-uitdaging het ons ontdek dat ons groot opgewondenheid en hunkering na ’n onvergeetlike avontuur aangewakker het.
Dit het egter duidelik geword dat die avontuur nie verby is nie, maar nou eers begin. Ons virtuele avontuur het ons herinner van al die asembenemende landskappe, oneindigende waters, berge wat aan die hemel raak en die ryk uiteenlopende kulture wat Afrika aan ons bied. Dít is waarom ons jou op nóg ’n avontuur neem, maar hierdie keer ’n regte een.
Beantwoord een eenvoudige vraag en jy kan die kans staan om ’n 2-nag-wegbreek vir twee te wen by die voortreflike Bramasole Guesthouse in Magoebaskloof in Limpopo. Wie hou nie van Magoebaskloof nie?
Kom ons begin deur te kyk na die versteekte skatte wat op jou wag in Magoebaskloof. Bramasole Lodge het skilderagtige uitsigte wat jou gedagtes sal help stilmaak en jou verfris en ontspanne sal laat voel, gereed om die res van 2022 aan te pak.
Bramasole bied 17 ruim en luukse kamers vir gaste om uit te kies – elke kamer is geinspireer deur ’n pragtige wêreldstad. Elke kamer het dus sy eie unieke styl en dekor en wek ’n nuwe gevoel, selfs by gereelde besoekers aan die gastehuis. Dis soos om die wêreld te deurkruis sonder om Magoebas te verlaat.
Gaste kan hulself bederf met ontspanne dae in die gemak van die gastehuis terwyl hulle luister na die meevoerende voëlsang óf hulle kan die sprokiesagtige Magoebaskloof gaan verken. Kom ons begin jou reisplan saamstel deur vir jou te vertel van al die prettige aktiwiteite wat jy naby die Bramasole Guesthouse kan geniet wanneer jy ons kompetisie wen:
- Geniet ’n yskoue bier by die Zwakala-brouery, gewild vir sy bekroonde, liplekker kunsbier. Inneemlike mense en ’n aansteeklike atmosfeer is gewaarborg.
- Gaan besoek Canopy Tours vir avontuurbelaaide aktiwiteite soos vierwielmotorfietsekskursies, abseil, kloofavonture, muurklim en bergfietsroetes.
- As jy lief is vir water, sal die Debengeni-waterval jou bekoor. Jy kan ’n romantiese piekniek daar hou en in die kristalhelder poele afkoel.
- Besoek die Wegraakbosch-plaas en ervaar ’n ware organiese leefstyl, smul aan heerlike organiese suiwellekkernye en leer meer oor die kaasmaakproses, terwyl jy met plaasdiere kennis maak. Koop vars groente en plante wat jy kan huis toe neem om jou tuin in die lente en somer te kan opvrolik. As jy van ’n organiese leefstyl hou is hierdie plaas net vir jou.
- Vind gees, liggaam en siel-balans wanneer jy besoek aflê by Glynnis Steyn wat jou kan help met onmiddellike pyn- en spanningsverligting, refleksologie en aromaterapie.
- As jy smag na kalmte en sielerus, besoek die groeisentrum en bederf jouself met ’n ontspannende voetmassering, Reiki en vele meer.
- Kies uit ’n verskeidenheid restaurante wat smullekker en heilsame maaltye bied wat jou mond sal laat water, selfs lank nadat jy teruggekeer het huis toe.
Lees meer oor die uitgesoekte aktiwiteite op: https://www.bramasole.co.za/see-and-do
Daar is ongetwyfeld iets baie besonders aan hierdie pragtige versteekte skat in Magoebaskloof en ons dink jy verdien om dit te gaan besoek en te verken in jou Toyota Land Cruiser of jou Toyota 4X4!
Neem deel aan ons kompetisie en beleef dit eerstehands! Skryf hier in: Win With N1 4X4 and Bramasole Guesthouse – N1 4×4

